Subscribe

Neus gewig

Return to: Caravans, Motorhomes & Trailers

Come chat with us in the forum. Click here to register an account or if you are already registered click here to log in.

  • Profile Photo
    williefbotha botha
    Participant

    Hoe word die neus gewig gemeet. 1)Moet die karavaan gelyk staan ? of 2) die hoogte van die haak van jou voertuig of 3) die  voorgestelde hoogte van die sleephaak van 350-420mm .Wat as ek my meet apparaat (“nose weight gauge “) in die karavaan haak sit en dan die neuswiel optel sak die karavaan die hele lengte van die apparaat  in 150Klg. .Ek is 72 maar kan dan steeds nog die neus van die karavaan optel ?

     

    Attachments:
    1. Neus-gewig.mp4
  • Profile Photo
    Francois Huysamen
    Francois Huysamen on

    Hallo Willie,

    Om die neusgewig te meet moet jou karavaan redelik gelyk staan, en dit moet klaar gepak wees, reg vir asof jy met vakansie gaan.
    Die hoogte van jou sleepbal sal afhang van die karavaan, wat jy wil hê is dat wanneer jou volgelaaide karavaan gehaak is, dit so gelyk as moontlik is; of effens neus af (nooit neus op nie, dit kan swaai veroorsaak).

    Ek het jou video gekyk, en as daai gauge reg werk het jy ‘n probleem. Wettiglik in SA mag die neusgewig nie meer as 100 kg wees nie. Vir die veiligste sleep wil jy dit hier rondom 65 kg – 75 kg hê.

    Ek weet nou nie hoe sterk jy is nie, maar dit lyk of jy die neus redelik maklik oplig, wat my laat vermoed dat jou gauge moontlik foutief is, of dat jy jou karavaan verkeer gelaai het. Het jy al ‘n ander skaal probeer? Vir ‘n rowwe meting kan jy somemr ‘n badkamerskaal vat (maar pasop, as jou neusgewig wel oor die 150 kg is, kan jy dalk die skaal beskadig).

    As jou gauge wel reg is, dan sal jy moet beter pak! Hier is ‘n handige grafiek om te wys hoe om die gewig te versprei:

    null

    Profile Photo
    williefbotha botha
    williefbotha botha on

    Baie dankie Francois ,ek het so gedink! karavaan is te swaar op die skaal ,ook op die badkamer skaal. Daar word vir ons gese ,ons moet op die as pak , hoekom  maak  die vervaardiger dan nie pakplek op die as nie ,net voor die as en agter die as.

    Wat nogal  snaaks is ek weeg 95 kg , as ek agter in die karavaan gaan sit op die bed agter die as dan word die neus gewig net 11  kilogram minder. As ek die spaarwiel (35kg) voor uit die neus uithaal , word die neus gewig net 5 kilogram minder.

    Al wat in die voorkant is , is die yskas , mikrogolfoond en die bed. In die neuskas is net die spaarwiel  gasbottel met gas en die leë waterkan . en dan natuurlik die battery en laaier regs in die kas SW Tourer , en die kombuis links

    Volgens my navorsing . Yskas 23kg , mikrogolfoond 9.5 kg ,battery 28 kg ,laaier  7.5 kg ,spaarwiel 35klg, vol gasbottlel 5 kg en ek skat die kombuis met sy gasstovie nog 10 kilogram .Sonder die gewig van die sleephaak staan ons nou op +/- 120 kg.

    Interesant toe ek die karavaan gekoop het ,het CaraCamp vir my gesê die gewig op die plaat is sonder die tent ,gasbottel , battery ,laaier en die tent.. Wat nou gemaak ?

    Hoe maak ons nou hier ,en hoeveel ouens daarbuite se karavane het die regte neusgewig.?

Come chat with us in the forum. Click here to register an account or if you are already registered click here to log in.

Viewing 2 replies - 1 through 2 (of 2 total)

Come chat with us in the forum. Click here to register an account or if you are already registered click here to log in.