Twee sal genoeg wees net as die grond heel plat en gelyk is.
Ek het ‘n Classique wat ‘n paar kilos ligter is as ‘n Exclusive en daardie twee motortjies sukkel verskriklik met sagte grond of grond wat ongelyk is. Jy moet onthou dat die insit krag van die motors is net 360Watt (een half perdekrag) en weens die ratkas is hulle minder as 50% doeltreffend.
Volgens my is dit beter om die ekstra geld te spandeer op dubbel die dryfkrag en dus baie frustrasie te vermy. Die nuwe ewiks is voorsien met stroombrekers in plek vandie ouer smeltdrade, wat in een opsig help, maar die motortjies bly ewe klein.