Subscribe
Register | Log in

Mahindra Tharr do you tow with one?

Return to: Caravan Clinic

Come chat with us in the forum. Click here to register an account or if you are already registered click here to log in.

  • Profile Photo
    owlsnest_fMwParticipant

    Middag al die kampers.  Ek wil graag weet wie sleep met ‘n Mahindra Tharr 2.5 TDI en wat sleep jy.  Sal ook graag wil weet wat jul ervaring is met die sleep.

  • Profile Photo
    Jacob
    Jacob on

    Naand my mede Mahindra eienaar.

    Ja ek het nou nie die Tharr nie maar wel die 2.5 Bolero DC en ja ek het gesleep ‘n Sprite Sprint van 1.1 en nou a Vagabond Drifter 4×4 van 500 kg en laat ek jou se die Sprite Sprint het gehardloop soos ‘n droom.

    Ek het van Ladysmith KZN tot in die Kaap en terug via die R62 en N1, N5, N3 en N11 gesleepsonder enige probleme.

    Ek glo die Tharr hoort dit ook te kan doen sonder moeite met enige karavaan agter hom.

    Ek het afgeskaal vir die rede dat tent op slaan het bietjie tyd gevat en nou het ek ‘n vlerk wat uit trek en pale en tou wat ek opsit (Awning).

    Wel mede Mahindra maat geniet en gaan kamp en sleep met voorbehoud van 100 km/uur en bly veilig ten alle tye.

    Vriendlike groete.

     

     

    Profile Photo
    Alwyn Vorster
    Alwyn Vorster on

    Hallo jy moet net onthou die Thar se gewig kan n probleem wees omdat hy kort is. Die enjin is n droom, maar as jou karavaan groot is gaan die Thar nie werk nie

    Groete

    Alwyn

    Profile Photo
    Johan Prinsloo
    Johan Prinsloo on

    Hallo . ek het ook nie n Thar nie maar ek sleep n gypsey 4 met n Mahindra scorpio 2,2 diesel en hy sleep soos n droom , ek is van Barberton , Mpumalanga

    groete

    Johan

Come chat with us in the forum. Click here to register an account or if you are already registered click here to log in.

Viewing 3 replies - 1 through 3 (of 3 total)

Come chat with us in the forum. Click here to register an account or if you are already registered click here to log in.

This website uses cookies and other data to function optimally see our privacy policy here

preloader