Kamplewe – poem!

Return to: Campfire Chat

Come chat with us in the forum. Click here to register an account or if you are already registered click here to log in.

  • Profile Photo
    Quiksilver
    Participant

    KAMPLEWE.
    ‘n Karavaan-Kamp vakansie, in die rustige Bosveld, is die lewe!
    Tussen die bome, langs ‘n dam, waarna ek strewe!
    Om saans langs ‘n knetterende braaivleisvuur te sit,
    O! die salige stilte, geniet dit!
    Die voel(“) en dierelewe, is net te wondelik!
    Selfs die bobbejane en meerkatte kom soek kos in die asblik!
    Kampeerders is vriendelike, aangename, hulpvaardige mense,
    Hulle vertel stories, grappies en deel hulle hartewense!
    Twee vereistes vir kamplewe: sag slaap en lekker eet,
    Om op ‘n kampstoel te sit, onder ‘n koelteboom en van al jou sorge te
    vergeet!
    Geen radio, televisie, lawaai-musiek, alarms of verkeer-
    Vars lug, ‘n kabbelende waterstroom, ‘n vergesig, ‘n bergreeks- vra jy
    nog meer?
    Saans flikker die sterre en die maan loer deur die bome,
    Hier sus die naggeluide jou aan die slaap met soete drome.
    Vroeg, voor sonop, kom soek die tarentale kos,
    Selfs die bokke is ewe mak en loop tussen die tente, los.
    Om te kamp by ‘n rusoord is beslis aan te beveel,
    Herlaai jou batterye, bele(^) in tyddeel!
    Die kampe is goed toegerus,
    Besoek hulle gerus!
    David Grimbeek

Come chat with us in the forum. Click here to register an account or if you are already registered click here to log in.