Ek begryp dat smaak verskil en subjektiwiteit dit dus moeilik maak om ‘n stergradering vir kamppleke daar te stel. Tog bestaan daar in die sterk groeiende bedryf ‘n behoefte aan ‘n maatstaf vir kampplekke. Skep dit nie ‘n geleentheid nie? Mens wil immers nie vir ‘n volle naweek by ‘n kampplek opdaag net om na die tyd te sê dat die plek jou nooit weer sien nie. ‘n Indeks van kampplekke wat gereeld opdateer word met kort kommentaar deur besoekers kan goed werk. Dit kan per streek opgestel word, sodat kampers dit volgens hul reisplan vooraf kan verken. Hoe lyk dit, sien Kamp & Karavaan kans hiervoor?

Anonymous
Anonymous
on 13th Apr 2020 at 10:17 am