Click to Subscribe
Register | Log in

Die Karavaanskou 2022 is met trots terug op die toneel!

10159
VIEWS

As die laaste Karavaanskou in 2020 as ‘n maatstaf geneem word, gaan die 2022-skou beslis die kroon span. Gewoonlik bestaan meer as 90% van die vervaardigers wat by die skou uitstal uit besighede wat deel uitmaak van die Suid-Afrikaanse mark. Die skou is dus die perfekte plek om al jou karavaan-, bossleepwa-, ryhuis-, en buitelewetoerusting te vind, en die produkte goed te besigtig en te vergelyk. ‘n Groot verskeidenheid vervaardigers sal hul jongste modelle en vernuwings na die skou bring, asook talle nuwe modelle wat wag om bekendgestel te word.

Ongelukkig is die 2021-skou weens die Covid-inperkings gekanselleer, maar vanjaar kan ons weer heerlik saam ons belangstelings geniet! Covid-protokolle sal streng nagekom word by die skou.

Die Karavaanskou by Gallagher Landgoed is die grootste Suider-Afrikaanse uitstalling van sy soort. Dit kan vergelyk word met die Salon Dusseldorf-skou vir die Europese mark. Die Karavaanskou is die uitstalruimte waar jy die jongste en mees uitsonderlike karavane, sleepwaens, ryhuise en toebehore sal kan besigtig, alles onder een dak.

Caravan & Outdoor Life/Kamp en Karavaan het amptelik ‘n vennootskap gesluit met die Karavaanskou, en hierdie gesamentlike onderneming sal eers oor ‘n paar jaar ‘n positiewe newevoordeel hê. Na ‘n gesprek met Hampie de Kock, is dit duidelik dat die 2022-skou gereed is vir ‘n rekord aantal besoekers – beslis bemoedigende nuus vir die uitstallers. Sorg dat julle voorbereid is op hierdie stormloop, en hou die bestellingsboeke en penne gereed, want verkooprekords behoort verbeter te kan word as hierdie besonder hoë bywoningsyfer behaal word. Die skou in 2020 het meer as 30 000 besoekers gelok, dus is dit ongetwyfeld die plek waar jy absoluut alles sal vind wat met kampeer en die buitelewe te doenhet.

Hampie het die volgende te sê gehad: “Die vennootskap tussen die Karavaanskou en Caravan & Outdoor Life/Kamp en Karavaan is ‘n groot simbiotiese verhouding, en ons sien uit na baie jare van saamwerk in diens van die karavaan- en-buitelewe-gemeenskap. As die laaste bywoning- en verkoopsyfers by die Karavaanskou in ag geneem word, kan ons uitsien na baie jare waarin ons saam die karavaanbedryf as geheel kan verteenwoordig.”

Daar sal ‘n verskeidenheid nuwe karavaanmodelle, bossleepwaens, hibriedmodelle en ryhuise op die skou vertoon word wat gekenmerk word deur innoverende ontwerpkenmerke en uitmuntende bougehalte. Daarbenewens moet die handelaars en vervaardigers ‘n ongelooflike hoeveelheid beplanning en voorbereiding doen vir die skou – alles agter die skerms. Dae voordat die skou begin, moet stalletjies georganiseer en uitgerus word met die nuutste karavane-, ryhuise, sleepwaens, buiteleweprodukte en -toerusting. Al wat ons sien, is die voltooide stalletjies, skitterskoon en gereed, en wagtend op belangstellende besoekers and show shoppers. Die uitstallers en handelaars verdien dus bewondering en lof vir hul pogings.

Klik hier vir die volledige lys verkopers by die Karavaanskou

Die Karavaanskou by Gallager Landgoed het die maatstaf gword vir Suid-Afrikaanse skoue. Die eise wat dit stel is uiters hoog. Dit  word doeltreffend bestuur en groot klem word geleê op sekuriteit sodat besoekers hul gunstelingkaravaan, ryhuis, bossleepwa, en buitelewe-produkte op hul tyd kan besigtig en ervaar. Vir diegene wat lus voel vir ‘n vernapering of hul dors wil les, is daar genoeg restaurants en kosstalletjies met sitplek binne of buite die venue.

Klik net op die skakel hieronder en jy sal na Webtickets geneem word om aanlyn kaartjies te koop,of jy kan dit op die dag van die skou op die terrein koop.

Klik hier om deur Webtickets te bespreek.

Skouinligting & kaartjiepryse
Volwassenes: R120
Studente & pensioenarisse: R60
Onder 12 gratis
Veilige parkering R25

 Skou-ure
Vr. 25 Feb.: 09:00 – 18:00
Sa. 26 Feb.: 08:00 – 17:00
So. 27 Feb.: 08:00 – 16:00

Webadres: www.caravanshow.co.za
E-pos: info@caravanshow.co.za
Kontak: 083 488 8986

Covidprotokolle sal nagekom word.

Stuart

Join the Conversation

We'd love to hear your thoughts! Share your insights, questions, and experiences with us and join the conversation. Your feedback helps us create better content and foster a community of passionate caravanners. Post your comment below and be part of the discussion!