Advertisement
Click to Subscribe
Register | Log in
Advertisement

Campfire Letters – May 2013

3287
VIEWS

Here are two readers’ letters which we had to condense due to space requirements, but we thought you might like to read the full text and see any additional photos.

How we started caravaning

This is the story of how we started our caravaning, with me at the tender age of 64 and my wife, Christine, having a slight advantage at 56.
Having worked in a city all our lives, we got tired of the rat race and decided to retire to a country environment. We ended up in Vredenburg on the West Coast. Once settled, we decided to buy a caravan in order to do a bit more travelling, as we suddenly had lots of time on our hands. With a caravan, we could then afford to go away during the week and enjoy the outdoors and camping. However, being new to caravaning, we had a lot to learn, so we had to take it easy, with much planning and testing before doing any actual camping.

We didn’t have much of a choice about which van to buy, as it had to be cheap, in mint condition and light enough to be towed by a 1600 Mitsubishi Lancer. I drew up a list of possible vans and ended up with shortlist of older pop-top aluminium-clad vans such as the Caravette 2 and 4 and the Sprite Swift. We were lucky, though, and, three years ago, bought an absolute gem of a van, a 1983 Sprite Swift that was in exceptional condition. It came with a full tent, rally awning and various bits and pieces that people normally collect for their vans.

I immediately checked the wheel bearings, brake linings and so on, only to discover that all were in excellent condition. The only part that was past praying for was the rubber dust boot on the coupling shaft, which I replaced immediately. The pop-top took a lot of effort to lift, and I subsequently discovered that the gas struts had been mounted upside down and, as a result, were totally ruined. Once I’d replaced them, lifting the top was no sweat.

After this, we hooked up and went on our first caravan trip. We decided that Citrusdal was a good shout as it wasn’t too far from home. Our plan was to stay for two days, but we ended up spending four days in the municipal caravan park, which was acceptable and had clean ablutions. However, it took us a full day to put the tent up. Never attempt this unless the tent poles are properly marked! I got so frustrated at one stage that I wanted to set fire to the tent.

Having towed boats before, I quickly adjusted to towing the caravan. The Swift must be one of the best-designed caravans ever built, because at around 100km/h ours tows as if it’s been welded to the back of the car – no sway whatsoever, which, if you take into account that we live in one of the windiest parts of the country, is quite remarkable. Since then, we’ve been to quite a few caravan parks and are now seasoned caravaners. During the past few years I have done some modifications to the Swift in order to make it more user-friendly for us older folk. I removed the basin from the kitchen area and replaced it with a worktop. Then I made another worktop, fitting on top of the gas plates, that can be tilted upwards when the plates are in use. Now we have enough working space for dishing up, etc.

Next on the list was installing a small microwave oven. This is a bit of a nuisance as it can only be used in its allocated space when the roof is extended. When we’re on the road, the microwave shares the back seat of the car with the flat-screen TV. The TV does duty in the corner of the lounge area. It’s on a swivel hook so that it can be turned to face the bedroom area if required. The one thing that caused me a bit of a headache was where to keep the porta-potti and chemicals. I finally decided to store this lot on the A-frame in a big plastic container that I bought from the local Chinese R5 store.

First, however, I had to make space for it on the A-frame by removing the original twin gas bottle holder. I then cut the holder in half, as we only need one gas bottle to run the fridge if there are no electrics available. I refitted the gas bottle holder and, hey presto, I had enough space for the toilet. I then had to add some additional support brackets for the toilet holder, which I fitted upside down on the A-frame.

Finally, we installed a curtain between the kitchen and bedroom area for privacy.
Recently, the shock absorber that does duty on the A-frame coupling became very soft and needed to be replaced. The only problem is that you can’t buy the same shock any more, so I had to buy a longer shock that required some modifications to the original mounting brackets. It took me nearly a week to re-design all the bits and pieces, but these are now fitted and working hundreds.
Johan Terblanche

Swaeltjie en Mabalingwe, jou lekker ding!

Met baie mooi herinneringe en ’n beker wat oorloop van innerlike tevredenheid verlaat ons Mabalingwe Natuurreservaat met ons geliefde woonwa Swaeltjie en Fortuner ysterperd. Mabalingwe beteken ‘die kleure van die luiperd’. Soos die naam sê, so is die omgewing. Verskillende soorte gras en doringbome betower die landskap! Roesbruin en goudkleurig. Die kamp is geleë in Limpopo aan die voet van die skilderagtige Waterberge. Hierdie asemrowende oord spog met 12 500 hektaar malariavrye bosveld. Ek het ’n oorweldigende passie vir bome, grasse, wild en die voëls. By Mabalingwe kry ek alles in een pakket. Bygesê – sonder my wielewa sou ek dit nooit kon ervaar en beleef het nie. Hier vind jy bome soos die stampvrug, die een met die soet bessie wat eetbaar is. Hier is ook die gewone karee, laventel, hoepel, rooibos, drolpeer en doppruim. Te veel om op te noem.

Ons het die hele land al stukkend getoer met ons wa en is verskriklik lief vir die voëllewe. Waar ons ook al kamp, is daar ’n piet-my-vrou. Soggens word ons wakker en hoor sy geroep, en as die son sak, groet hy ons met dieselfde deuntjie, maar hy is soos die skim: ons sien hom nooit met die blote oog nie. Ons het al so gewens ons kan een met die blote oog sien – en wraggies vir die eerste keer in ons lewe het een in die boom by ons karavaan vir ons kom kuier. Ons sou dit nooit kon beleef het as ons nie vir Swaeltjie gehad het nie. Swaeltjie, jy is ons roetenaar en rigtingwyser!

Zimba, die mooiste klein leeuwelpie van drie maande, het ons kom verwelkom by die kamp. Ons het dan ook die voorreg gehad om interaksie met die pragdiertjie te kon beleef. Ons eie klein ‘Rusty’, ook ’n leeuwelpie, rits saam met ons rond en is deel van ons lewe – die enigste verskil is hy praat nooit nie. Ons het die pragtige welpie as geskenk ontvang met die viering van Jurgens se 60ste verjaardag. Ons was een van die vyf finaliste wat die pragtige Expo karavaan kon wen. Ongelukkig het ons sleutel nie die wa oopgesluit nie – maar wat ’n heerlike buitelugviering.

Die karavaan en tentstaanplekke is besonders – dit is ruim en met plaveisel uitgelê. Met ons aankoms was die staanplek verfraai met die mooiste pers jakarandablommetjies – dit het soos ’n tapyt gelyk en die baie bome sorg vir heerlike koelte. Kleure van pers en groen sambrele beskerm jou die heeldag teen die versengende hitte. Hierdie oord hou ’n betowering in en is ’n avonturier en kamper se droom – hier MOET jy kamp.

Wat my so gelukkig gemaak het, is om te sien hoe baie jong mense met hulle klein kindertjies tent opslaan en die buitelug so geniet. Dit is ’n kinder-vriendelike plek: baie word vir die kinders hier aangebied om hulle heeldag besig te hou. Hier is ’n warm en koue swembad en die fraaiste winkeltjie – hier kan jy alles koop. Daar is altyd genoeg ys, hout en sommer ’n verskeidenheid van proviand teen bekostigbare pryse. Die bestuur is altyd sigbaar en behulpsaam.

Die ablusieblokke se dekor is pragtig – enige vrou se droom. Silwerskoon. Daar is selfs ’n badjie om jou baba in te bad. Elke uur word die toilette en badkamers skoongemaak. Elizabeth, die skoonmaker, is so vriendelik – sy het selfs aangebied om ons skottelgoed te was sonder vergoeding. Ons het vir haar ’n footjie gegee net om dankie te sê, en sy was oorweldig van blydskap. Hierdie skoonmakers is 24/7 besig – miskien moet ons siele op wiele ook aan hulle dink as ons vaarwel sê. Die skoonmakers speel ’n baie belangrike rol in die instandhouding en netheid van enige besigheid. Hulle verdien ’n spesiale ‘dankie’. Moet hulle seblief nie oorslaan nie – hulle is kosbaar.

Hierdie oord bied baie vir ons kampeerders. Hier is ’n groot natuurreservaat met heelwat wild. Die mooiste voëllewe. Dit is ’n malariavrye bosveld en die bokkies en perde loop in die kamp rond. Dit akkommodeer dan ook baie wildspesies. Ons het elke dag, wanneer die son vir ons geknipoog het, in die pad geval om die diere te gaan besigtig. By die watergate kon ons baie diere sien en die kameelperde het hier gefloreer. Die een kameelperd het vir ons ’n akrobatiese vertoning gelewer – opgestaan en ons gegroet en is weer die bos in, swierig maar statig. Die bos is oorweldig met baie plant-tipes en insekspesies.

Wanneer die son ons groet, luister jy na die orkes van die sonbesies en hulle lei jou die nag in om te kan sien hoe die sterre verskyn. Die enigste hartseerverhaaltjie is die seekoei wat dood is. Ons het gesien hoe hulle hierdie pragtige dier moet uittrek uit die dam. Ek was skoon bewoë, maar die werkers wat hom uitgetrek het, het so mooi met hom gewerk – het amper gedink hy leef nog. Met ons vertrek het klein Zimba, die leeuwelpie, ons kom groet. Ons eie piet-my-vrou het hoog in die boom gesit en ons met sy unieke deuntjie gegroet. Ons beker van vreugde was oorlopens toe vol, maar ons het ook met heimweë aan die pragtige seekoei gedink en ’n draai by die dam gery, maar hy was alreeds weg. Vir almal, en spesiaal vir Swaeltjie, ons wielehuis, wil ek die volgende versie opdra:

Ek speel vir jou Mozart en Bach en pluk vir jou blomme vrolik maar sag – geel en blou en vashou-pers skryf ek vir jou ’n omgee-vers – ’n vers om teen jou hart te hou, want mens – ek hou van jou.

Swaeltjie, jy het ons al op plekke gebring wat ander mense net droom van. Ons lief jou stukkend en verruil jou vir geen ander huis, hoe luuks ook al. Jy is die spesiale een vir ons! Jy het ’n groot verskil in ons lewens gemaak, geestelik en liggaamlik. Wat ‘n voorreg om jou as ons tuiste in die bosveld te kan maak! Vriendelike groete, Antoinette, Nols, Swaeltjie en Rusty, Riebeeckstad

PS Op die regte plek, die regte tyd en siedaar – die bekoorlikste prentjie ooit. Ons het hierdie kameelperd op ons pad deur die reservaat gekry. Eers het hy lekker gesit, daarna opgestaan en nader aan ons beweeg en die mooiste akrobatiese toertjie vir ons gedoen. Dit laat my dink aan die Durban-stadion! Na die toertjie van sowat 20 minute het hy opgestaan, ons in die oë gekyk en statig die bos ingestap! Wat ’n voorreg!

ADMIN

Join the Conversation

We'd love to hear your thoughts! Share your insights, questions, and experiences with us and join the conversation. Your feedback helps us create better content and foster a community of passionate caravanners. Post your comment below and be part of the discussion!

Advertisement